# MOET TOG NIE 'n POEPOL WEES NIE PUBLIEKE LISENSIE > Weergawe 1.1, Desember 2016 > Kopiereg (C) [jaar] [volle naam en van] Almal het toestemming om hierdie dokument te kopiëer en om verbatim of bygewerkte kopiëe hiervan te versprei. > MOET TOG NIE 'n POEPOL WEES NIE PUBLIEKE LISENSIE > TERME EN VOORWAARDES VIR KOPIËRING, VERSPREIDING EN BYWERKING. 1. Maak met die oorspronklike werk net wat jy wil, moet tog net nie 'n poepol wees nie. Om 'n poepol te wees sluit onder andere in (maar is nie beperk tot die volgende nie): 1a. Skaamtelose kopiereg oortredings - moet tog nie net die oorspronklike werk/werke kopiëer en dan net die naam verander nie. 1b. Verkoop van die onveranderde oorspronklike sonder om enige bydrae te maak -- dan is jy REGTIG 'n poepol. 1c. Bywerking van die oorspronklike werk om versteekte skadelike inhoud in te sluit. Dit maak van jou 'n BEHOORLIKE poepol. 2. Indien jy ryk work deur bywerking en toevoegings, verwante werke of dienste, of deur ondersteuning van die oorspronklike werk, deel tog jou sukses. Slegs 'n poepol van 'n mens sal sakke vol geld uit hierdie werk maak, en nie eens vir die oorspronklike skepper van die werk 'n biertjie koop nie. 3. Die bronkode word sonder enige waarborg verskaf. Om gal te braak wanneer jy iemand anders se kode gebruik en dit breek maak van jou 'n KOLOSALE poepol. Maak self die fout reg. Iemand wat nie 'n poepol is nie sal die fout regmaak en die korreksie deel, of ten minste net 'n [foutverslag](https://www.chiark.greenend.org.uk/~sgtatham/bugs.html) instuur.